Jub Jub pleit onskuldig
2010-12-13 12:00
Johannesburg - Die musikant Molemo “Jub Jub” Maarohanye het Maandag onskuldig gepleit op 10 aanklagte in die Protea-landdroshof.
Maarohanye en sy medebeskuldigde, Themba Tshabalala, staan tereg op vier aanklagte van moord na ’n ongeluk die lewens van vier skoolkinders geëis, en nog twee kritiek beseer het.
Die twee staan tereg op vier aanklagte van moord met alternatiewe aanklagte van strafbare manslag, twee aanklagte van poging tot moord met ‘n alternatiewe klag van roekelose en nalatige bestuur, die gebruik van dwelms en bestuur onder die invloed van dwelms.
Maarohanye se regsverteenwoordiger, Ike Motloung, het aan die hof gesê sy kliënt ontken dat hy met opset wou doodmaak.
Hy ontken ook dat hy roekeloos bestuur het, dwelms gebruik en resies gejaag het.
Die eerste getuie vir die staat, ’n Johannesburgse metro-polisieman wat op die toneel was, het ook getuig.
Die saak duur voort.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter