Jub Jub-moordverhoor hervat
2011-07-11 10:13
Johannesburg – Die moordverhoor van die musikant Jub Jub, oftewel Molemo Maarohanye, en sy medebeskuldigde Themba Tshabalala word Maandag in die Protea-landdroshof in Soweto hervat.
Die saak is uitgestel om die verdediging kans te gee om 'n dossier van die forensiese ontleder Jose van Rooyen, 'n staatsgetuie, na te gaan.
Van Rooyen het vroeër getuig dat die urienmonsters van albei beskuldigdes positief getoets het vir kokaïen.
Maarohanye en Tshabalala het na bewering op 8 Maart verlede jaar in 'n groep skoolkinders geploeg.
Vier kinders is dood in die ongeluk en twee ander het ernstige beserings, waaronder breinskade, opgedoen.
Maarohanya en Tshabalala staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en bestuur onder die invloed van dwelms en alkohol.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter