Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Jub Jub-medebeskuldigde 'berouvol'

2012-10-16 16:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die musikant Molemo "Jub Jub" Maarohanye se medebeskuldigde, Themba Tshabalala, het gesê hy is berouvol nadat hy skuldig bevind is op vier aanklagte van moord en twee van poging tot moord.

"Ek voel gebroke, omdat ek dalk nie die geleentheid gaan hê om 'n toekoms te hê en na my familie kan omsien nie," het hy Dinsdag in die Protea-landdroshof gesê.

Liesel van Jaarsveld, staatsaanklaer wat borgtog teenstaan, het aan Tshabalala gesê sy borgtogaansoek gaan net oor homself en dat hy nie die families van die skoolkinders genoem het nie.

"Het jy enige berou?" het sy gevra.

"Ek het. Nie een van die kinders het verdien om te sterf nie," het Tshabalala geantwoord.

Die staat het 'n aansoek ingedien om Maarohanye en Tshabalala in aanhouding te hou nadat hulle skuldig bevind is op aanklagte van moord en poging tot moord.

"Ná die skuldigbevinding, sal die getuie na verwagting Edelagbare toespreek oor die vonnisoplegging," het Raymond Mathenjwa, staatsaanklaer, gesê.

"Ons kan dit nie vandag doen nie. Ons vra dat die saak tot 30 November verdaag vir vonnisoplegging. Die beskuldigdes is skuldig bevind aan 'n skedule 6-oortreding en ons versoek dat hulle in aanhouding bly.

Maarohanye en Tshabalala is skuldig bevind op vier aanklagte van moord en twee van poging tot moord.

"Die staat kon bo redelike twyfel bewys dat die beskuldigdes skuldig is aan vier aanklagte van moord en twee van poging tot moord," het landdros Brian Nemavhidi gesê.

Nemavhidi het hulle ook skuldig bevind op aanklag dat hulle op 'n openbare pad resies gejaag het.

Maarohanye en Tshabalala het op 8 Maart 2010 resies gejaag in Protea-Noord toe hulle in 'n groep skoolkinders geploeg het.

Prince Mohube, Mlungisi Cwayi, Andile Mthombeni, en Phomello Masemola is dood.

Frank Mlambo en Fumani Mushwana is ernstig beseer.

Maarohanye het aangedui dat hy om borgtog gaan aansoek doen, maar sy regsverteenwoordiging het Dinsdag geëindig, maar hy het aansoek gedoen vir 'n ander prokureur om hom te verteenwoordig.

Vonnisoplegging sal op 30 November plaasvind.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: misdaad  |  ongelukke  |  padveiligheid  |  moorde  |  hof
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Penellope Jones sê... Prevention (of criminality) is better than cure (remand someone in custody). Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Paulshof - 18:58 PM
    Road name: Witkoppen Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Cambridge Road
  • Wednesday Broadacres - 17:38 PM
    Road name: Cedar Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at 3rd Street
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.