Jub Jub kan nie regsman betaal
2011-08-22 11:14
Johannesburg – Die musikant Molemo "Jub Jub" Maarohanye het finansiële probleme en kan dalk nie sy regsverteenwoordiger betaal nie, het die Protea-landdroshof Maandag gehoor.
"My kliënt het 'n finansiële probleem," het Ike Motloung, Maarohanye se regsverteenwoordiger, gesê.
"Ek kan nie onder die omstandighede sonder betaling voortgaan nie. Ek het my kliënt gewaarsku dat ek sal onttrek as dit voortduur."
Motloung het gesê Maarohanye sal teen Woensdag weet wat die stand van sy finansies is.
"Jy weet hoe dit gaan met die sake. As daar nie 'n betaling gemaak is nie, sal daar nooit wees nie."
Maarohanye en Tshabalala het na bewering op 8 Maart verlede jaar in 'n groep skoolkinders geploeg.
Vier kinders is dood in die ongeluk en twee ander het ernstige beserings, waaronder breinskade, opgedoen.
Maarohanye en Tshabalala staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en bestuur onder die invloed van dwelms en alkohol.
Die saak is tot 10 Oktober uitgestel.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA