Jub Jub het nie geld vir petrol

2011-10-15 16:51
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die hiphop-ster Molemo “Jub Jub” Maarohanye, wat verlede jaar na bewering in 'n groep skoolkinders geploeg het, skuld glo geld aan verskeie petrolstasies nadat hy hulle oorreed het om sy tenk vol te maak sonder dat hy hoef te betaal.

Volgens Manoj Rama, eienaar van ‘n petrolstasie, is sy besigheid een van baie vir wie Maarohanye om die bos gelei het.

Rama sê hy het aan sy personeellede gesê om op die uitkyk te wees vir Maarohanye.

“Dié bekendes dink hulle kan wegkom met enigiets.”

Volgens Rama word motoriste nie toegelaat om hul petroltenke vol te maak sonder om eers te betaal nie.

“Gewoonlik wanneer hulle nie betaal nie neem ons ‘n waardevolle besitting wat gelykstaande is aan die bedrag wat hulle skuld. Hulle kry dit wel terug sodra die geld betaal is.”

‘n Kelner wat by ‘n restaurant werk wat Maaronhanye gereeld besoek het, beweer die ster het ‘n R50 by hom geleen en nog nie weer teruggegee nie.

Daar is onlangs bekendgemaak dat Maarohanye nie sy prokureur Ike Motloung kan bekostig nie.

Alhoewel Motloung steeds vir Maarohanye verteenwoordig is dit nie bekend waar hy die geld kry om sy regskostes te betaal nie.

Maarohanye en Themba Tshabalala staan tereg op onder meer vier aanklagte van moord en twee van poging tot moord nadat hulle glo in Maart verlede jaar met hul Mini Coopers tydens ’n straatresies in ’n groep skoolseuns ingeploeg het.

Andile Mtombeni (19), Mlungisi Cwayi (17), Phomelelo Masemelo (16) en Prince Mahube (17) is dood.

Die verhoor is Donderdag tot 30 November uitgestel.

Kliek hier om die volledige storie te lees.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.