Jub Jub getuig in verhoor
2011-12-05 12:20
Johannesburg – Die hiphop-kunstenaar Molemo “Jub Jub” Maarohanye sal na verwagting Maandag die getuiebank in die Protea-landdroshof inneem.
Maarohanye en Themba Tshabalala staan tereg op vier aanklagte moord nadat hulle glo verlede jaar teen 'n groep skoolkinders, wat op pad huis toe was, gebots het.
Twee van die kinders het ernstige beserings, insluitend breinskade, opgedoen.
Maarohanye en Tshabalala staan tereg op 10 aanklagte, insluitend moord en bestuur onder die invloed van dwelms.
Kenners het verlede week aan die hof gesê 'n "mengsel" dwelms is in die mans se urienmonsters gevind.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter