Jub Jub-bewerings kan nie gestaaf word
2010-12-13 21:32
Johannesburg – 'n Ondersoekbeampte by padongelukke sê daar is geen bewyse om Jub Jub se bewerings te staaf dat 'n ander voertuig sy Mini gestamp het en so die noodlottige ongeluk veroorsaak het nie.
Jub Jub beweer dat die ander motor hom wou verbysteek maar uitgeswaai het om aankomende verkeer te vermy.
Die ondersoekbeampte, Penelope Shibambo, het egter in die Protea-landdroshof getuig dat daar geen bewyse is om die bewering dat twee motors betrokke was, te staaf nie.
Molemo "Jub Jub" Maarohanye en sy mede-beskuldigde, Themba Tshabalala, het Maandag skuld ontken op alle aanklagte wat verband hou met die padongeluk waarin vier kinders dood en twee ernstig beseer is.
Jub Jub staar vier aanklagte van moord en twee van poging tot moord in die gesig.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter