Jub Jub-betogers mik huis toe
2010-03-20 01:30
Johannesburg - Die stof het Vrydag gaan lê by die Protea-landdroshof toe betogers na hul huise begin terugkeer het.
Die hip hop-kunstenaar Jub Jub, oftewel Molemo Maarohanye, het vandeesweek in dié hof verskyn op vier aanklagte van moord.
Geweld het Vrydag opnuut buite die hof uitgebreek toe dit aan die lig kom dat Maarohanye en sy medebeskuldigde, Themba Tshabalala, op borgtog van R10 000 elk vrygelaat gaan word.
'n Polisiehelikopter het die area gepatrolleer en rubberkoeëls op enigiemand gevuur wat geblyk het om een van die betogende skoolleerlinge te wees.
Daar was vandeesweek honderde betogende kinders buite die hof. Talle van hulle het plakkate met dreigemente rondgeswaai.
- Sapa