Jub Jub betogers breek restaurantvensters
2010-03-18 19:16
Johannesburg – Betogende studente het die vensters van ‘n Galitos-restaurant naby die Protea-landroshof in Soweto gebreek.
Omtrent 50 studente het by die restaurant probeer instorm, maar die eienaar het vinnig genoeg gereageer, die deure gesluit en die oproerige jongmense uit dié populêre restaurant gehou.
“Die studente het die vensters gebreek en gevra: ‘Wat’s vir middagete?’,” het, Dimpho Mokotgo, ‘n werknemer, gesê.
Die restaurant was vandag toe oor middagete.
Gebreekte vensters getuig van die studente se poging om die gebou te plunder.
– Sapa