Joost soen glo meisie by partytjie
2009-11-08 14:24
Johannesburg - “Daai ou man het my nou net gesoen!”
Dié woorde is glo deur ’n 20-jarige meisie geskree toe sy wakker geskrik het terwyl Joost van der Westhuizen haar soen.
Die
beweerde voorval het sowat ’n maand gelede gebeur tydens ’n partytjie
in ’n woonstel in Port Elizabeth waar die meisie – net bekend as Lara –
in een van die slaapkamers gerus het.
Dié staaltjie is
maar een van vele wat die afgelope week vertel is nadat Joost gesê het
hy het sy vrou, Amor Vittone, “nog net een keer” verkul.
Die hoogspring-atleet Charmaine Gale het onthul dat ook sý ’n seksuele verhouding met Joost gehad het.
“Ons
het Joost in die Believers-nagklub ontmoet,” het ’n 22-jarige vrou wat
naamloos wil bly aan Rapport vertel oor die Port Elizabeth-voorval.
“Ek
en my kêrel het hom na ons dakwoonstel genooi waar ons die partytjie
voortgesit het. Ons het alkohol gedrink. Ek weet nie of daar dwelms was
nie. Ons was ’n paar vriende wat gekuier het.
“Ons het hom
geterg oor die video (die seksvideo waaroor Joost in sy boek bieg) en
hy het vir ons gesê daai k*k het al lank terug gebeur. Hy het gesê dis
net hy en Steve wat houe van die media kry.
“Hy het ook
foto’s van sy kinders op sy selfoon gehad wat hy vir ons gewys het. En
tog het hy selfs by my 17-jarige vriendin probeer aanlê.”
Foto’s wat by die partytjie geneem is, wys Joost het lekker gekuier.
“Toe Lara uit die kamer hardloop en sê die ou man soen haar het ons net gelag en gesê dis Joost.”
Joost is glo omstreeks 05:00 die oggend eers terug na sy hotel.
- Rapport
Vir meer hieroor, besoek Rapport.