Joost se taaiste wedstryd ooit

2011-05-22 07:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - “Ek baklei teen hierdie siekte met my geloof. En my geloof is sterk.”

Dit was Vrydag die oud-Springbok-held Joost van der Westhuizen (40) se woorde aan Rapport.

Hy het die eerste keer en eksklusief gepraat oor die “doodsvonnis” wat dokters as’t ware vier weke gelede oor hom uitgespreek het.

Motorneuronsiekte (MNS) is voorlopig by hom gediagnoseer nadat hy ondersoek is omdat hy nie sy regterarm kon gebruik nie.

Hy kan dit steeds nie glo nie, sê Joost.

Die dokters wat hom ondersoek het, meen hy het nog drie jaar om te leef.

MNS tas die brein en rugmurg aan en statistieke toon net 10% van lyers oorleef tien jaar of langer.

Die oomblik toe hy die nuus hoor, het dit gevoel asof sy hele lewe in duie stort, sê Joost.

“Die stres wat ek die afgelope twee jaar deurgemaak het, is niks in vergelyking hiermee nie,” sê die man wat amper die hele 2009 deur diep persoonlike hel gegaan het.

Joost is vandag ’n skadu van die gespierde, fikse en selfversekerde sportman van net ’n paar maande gelede.

Hy sukkel om oor sy siekte te praat sonder om in trane uit te bars. Tydens die onderhoud het hy hom verskoon en in die kombuis gaan huil.

Sy twee lieflingkinders is sy groot bekommernis.

“Die eerste ding wat ek gedoen het, was om te kyk dat my polisse reg is vir my kinders.”

Joost hoop nou dat ’n tweede neuroloog wat hy gaan spreek het dalk beter nuus het.

Kort voor die onderhoud met Rapport het hy hom met sy skeermes raakgesny omdat sy hande te veel bewe.

Dat hy moontlik kan sterf, het nog nie eintlik by hom ingesink nie.

Dit was sy doktersvriend, Henry Kelbrick, wat die nuus aan hom oorgedra het dat hy vermoedelik aan MNS ly.

“Die wind is uit my seile geneem. Ek het die dokter in ongeloof aangestaar.”

Hy sukkel om die woord “dood” oor sy lippe te bring. Al wat hy kan uitkry, is “ek het dalk nog net drie jaar oor …”

Joost vertel hy het in Desember verlede jaar al begin besef iets is fout.

“Ek’t gesukkel om my hand te beweeg. Maar ek het dit gelos. Dis maar tipies. Gedog dis ’n sportbesering. Maar met die verloop van tyd het my spraak begin agteruitgaan. As ek met mense praat, het hulle gesê, ‘Joost, is jy gedrink?’

“Toe ek die kinders later vir drie dae Sun City toe geneem het, het dit weer gebeur. Ek en ou Kellies (Kelbrick) en die kinders het in die swembad met ’n bal gespeel.

“Toe begin ek en Kellies stoei. Dis waar hy gesien het daar is fout met my arm. Die volgende dag het ons begin gesels. Ek sê toe vir hom: ‘Kan jy hoor hoe my spraak agteruitgaan?’

“Hy het my dadelik na ’n neuroloog gestuur. Hulle het x-straalfoto’s van my geneem. Die volgende dag, toe hy my die uitslae gee, was die eerste keer wat ek hom (Kelbrick) emosioneel gesien het. Hy het gesê: ‘Joost, wat gaan jou nou nóg tref?’

“Nadat hy gesê het ek het motorneuronsiekte het hy bygevoeg dokters weet nie hoe om dit te behandel nie.”
Joost sê daar was ’n oomblik van stilte. Ek het ’n blank geslaan. Ek kan baie min onthou van daai dag.”

Oor MNS sê hy: “Dis ’n siekte waarvan hulle min weet. My toestand is nie veroorsaak deur stres nie. En beslis nie deur ’n wilde sosiale lewe nie. Dis my senustelsel wat ingee.”

Hy het op aanbeveling van dr. Pieter Kritzinger ’n tweede mening gaan kry en dr. Jody Pearl, ook ’n neuroloog, in Johannesburg gespreek.

Pearl het eergister gesê Joost is nog steeds in haar sorg en sy wag op finale toetsuitslae.

Maar, sê Joost, hy is vol hoop.

“My geloof dra my. Ek kry ongelooflike ondersteuning van my ouers (Mariaan en Gustav van der Westhuizen) en my twee broers (Pieter en Gustav jr.). My ma-hulle vat dit swaar.

“Maar ek gaan hierdie ding fight. Al is dit die laaste ding wat ek doen.”

***

Met ’n bebloede onderlip begroet Joost van der Westhuizen ons by sy netjiese huis in die noorde van Johannesburg.
Hy probeer met ’n sakdoek die bloeding stop.

Toe fotograaf Dawid Roux begin foto’s neem, maak Joost half verleë verskoning.

“Ek moet twee hande gebruik om te skeer. Toe skeer ek myself raak. Jy moet die bloed maar uit-photoshop,” sê hy met ’n laggie.

Ons sit op die stoep langs ’n klein swembad. Dis koud, maar Joost dra ’n T-hemp en ’n kortbroek met sandale.

Net drie maande gelede het die wêreld so rooskleurig vir die altyd fikse Joost daar uitgesien.

Hy het sy gimnasium aan die media bekend gestel. En in ’n onderhoud met Rapport in Februarie vanjaar het hy nog gespog oor hoe gereeld hy oefen.

Nou is hy ’n skadu van die spiertier wat elke aand gesonde kos geëet en baie water gedrink het.

Hy is 40 jaar oud, maar lyk tien jaar ouer. Sy oë is moeg. Die spiere in sy bo-arms bewe so erg dat sy T-hemp saam vibreer.

Hy vryf kort-kort sy hande tussen sy bene, soos ’n bejaarde man.

Hy werk nie nou nie. Sy base verstaan.

“Die stres wat ek die laaste twee jaar deurgemaak het, is niks in vergelyking met die nuus van my siekte nie,” sê hy.

Daardie dag, 3 Mei 2011, ’n Dinsdag en in die oggend, het die dokter hom die verpletterende nuus gegee dat hy dalk motorneuronsiekte (MNS) het.

Sy oë skiet vol trane. Hy sukkel om te praat.

“My ma-hulle vat dit swaar. Toe ek in die hospitaal was, het hulle elke aand vir my kom kuier.”

Hy wil nog iets sê, maar skielik staan hy op. “Sorry.” En hy gaan staan in sy kombuis en huil.

Ons wag in stilte. Knop in die keel.

Bridget van Oerle, sy woordvoerder, probeer die gesprek in ’n ander rigting stuur om die atmos-feer te lig.

Maar dit werk nie.

Joost kom sit weer.

“Dis ’n warboel,” sê hy.

“Jou gedagtes hardloop. Die eerste ding wat ek gedoen het, was om te kyk dat my polisse reg is vir my kinders. Dis maar ’n realiteit. Ek worry net oor my kinders.

“En dis maar wat ’n ou doen. Om op te staan. My eerste doelwit is om my gedagtes weer positief te kry.”

Sy kinders vra gereeld wat fout is met hom.

“Dadda se hand werk nie as Dadda dit omdraai nie,” het hy aan hulle gesê.

Toe hy sy seun, Jordan (7), eergister by die skool verras, het dié gesê: “Dadda moenie weer jou hand omdraai nie. Dan gaan jy wéér hospitaal toe.”

“Wat my positief hou, is dat ek die geleentheid het om my lewe reg te maak. Baie mense het nie daai voorreg nie. Ek weet daar’s ’n rede hoekom dit gebeur het. Maar mens wonder maar altyd hoekom. Ek is baie alleen.”

Op die tafel staan ’n parmantige Blou Bul-teddiebeertjie, tragies simbolies van ’n eens gesonde, top-fikse Joost, een van die Springbokke se helde in die onvergeetlike sege in die Wêreldbeker-eindstryd op Ellispark in 1995.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manual Tester

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R20000 - R23000

Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R35000

Senior Java Developer

Cape Town N Suburbs
Hire Resolve
R35000 - R45000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.