Joost se skoonouers stook glo onmin

2009-09-27 13:46
Tweets Share Share line Print

Gavin Prins

Amor Vittone se ouers probeer haar huwelik met die oud-Springbok Joost van der Westhuizen verongeluk, sê die private speurder mnr. Mike Bolhuis.

Hy het mev. Delyse en mnr. Dario Vittone gister prontuit daarvan beskuldig dat hulle in Joost en Amor se huwelik inmeng, berig Rapport.

“As Joost-hulle, soos wat nou beweer word, op die drumpel is van ’n egskeiding, is dit die werk van Amor se ouers.”

Bolhuis se reaksie kom ná berigte die afgelope week dat Amor en Joost verlede naweek voor haar ouers rusie gehad het.

Dis onbekend waaroor hulle gestry het, maar Joost het glo daarna by die huis uitgestorm.

Mnr. Vittone het volgens ’n berig in Beeld aan sy skoonseun gesê om sy vuurwapen, wat hy aan hom gedra het, by die huis te los. Dís waarskynlik gedoen uit vrees dat die voormalige Bok-kaptein iets onverantwoordeliks sou aanvang.

Mev. Vittone het gister ontken daar is enige onmin tussen haar en haar skoonseun.

Maar ’n goed ingeligte bron het gisteroggend gesê dinge is beslis nie pluis tussen Joost en sy skoonouers nie.

Bolhuis het dit beaam. Hy sê die Vittones probeer al sedert die seksvideo-skandaal om hul dogter te oortuig om van Joost te skei.

Mev. Vittone het gister gesê: “Dis alles aantygings wat gemaak word. Niemand weet wat in ons familie aangaan nie.

“As ek hardlywig is, het dit niks met die publiek uit te waai nie. Net so met Amor en Joost ook.”

Mev. Vittone, wat haar dogter se bestuurder is, het gesê sy bring die naweek saam met Joost en Amor deur.

Sy het wal gegooi teen “valse stories” wat die afgelope week die ronde gedoen het dat die paartjie op skei staan en geldelike probleme het.

“Daar lê baie stories rond oor die kinders. Ek gaan nie sê wat waar is en wat nié waar is nie.”

Bolhuis hou vol dat hy alles in sy vermoë gaan doen om te keer dat die Vittones in sy vriend se huwelik inmeng.

“Sodra Joost sy boek klaar geskryf het, gaan ek ook openbarings maak,” waarsku hy.

“Ek is self deur Dario genader kort nadat Joost se videostories uitgekom het. Dit was ’n interessante gesprek tussen my en Dario wat ek gaan bekendmaak.

“Maar Joost moet éérs sy boek klaarkry.”

Oor Joost se gesondheid is Bolhuis baie besorg.

“Hy was in die hospitaal, maar hy is nou fine, hoewel hy deur ’n moeilike tyd gaan.

“Hy is kwaad vir almal. Hy weet nie wie om te vertrou nie.”

Bolhuis het ook bevestig dat hy Joost ’n paar maande gelede R700 000 geleen het.

“Joost was ’n bietjie in die knyp en ek het hom gehelp. Punt.

“Niemand wou meer met hom sake doen ná al die negatiewe publisiteit die laaste tyd nie.”

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manual Tester

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R20000 - R23000

Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R35000

Senior Java Developer

Cape Town N Suburbs
Hire Resolve
R35000 - R45000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.