Joost se behandeling 'werk nie'
2011-06-25 19:45
Johannesburg – Die voormalige Springbok-rugbykaptein Joost van der Westhuizen het nie op die behandeling gereageer wat hy die afgelope vier weke ontvang het nie, het sy dokter Jody Pearl Saterdag in ‘n verklaring gesê.
“Joost het nie op die medikasie gereageer nie en sy neurologiese simptone duur steeds voort. Die moontlikheid dat hy aan motor-neuron-spiersiekte lei bly egter steeds ‘n moontlikheid,” het Pearl gesê.
Daar is verlede maand bekendgemaak dat motor-neuron-spiersiekte by die 40-jarige Van der Westhuizen gediagnoseer is, maar volgens Pearl is dit nog nie ten volle gediagnoseer ie.
“Ek en Joost sal teen einde Julie na die internasionale sentrum van neurologie by die Cleveland- mediese sentrum in Cleveland, Ohio reis waar ons met kenners en navorsers sal gesels. Hulle sal ons ook help om Joost se diagnose te finaliseer,” het Pearl gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA