Joost se ander geheim

2009-11-04 07:21
Tweets Share Share line Print

Charmaine Weavers (Gale).

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad - Joost van der Westhuizen het sy vrou, Amor Vittone, glo ook met die oud-Bokatleet Charmaine Weavers (Gale) verkul.

Dit het gister aan die lig gekom nadat Van der Westhuizen Sondag nog gesê het sy kontak met die jong vrou in die berugte seksvideo was “die eerste en enigste keer” wat hy ontrou aan Amor was, en hy ontken hy het ’n verhouding met Weavers gehad.

Weavers (46) het gister bevestig sy het ’n verhouding met Van der Westhuizen gehad. Sy het gesê sy is bly Van der Westhuizen het nou in die openbaar erken hy is die man in die Joost-seksvideo.

“Dit is net jammer sy belydenis was so selektief. Pleks dat hy eerder maar oor alles gebieg het.

“Dit is vandag die eerste keer dat ek in die openbaar onder my naam oor my verhouding met Joost praat. Ek meen die dinge moet uitkom sodat die boek van die verlede toegemaak kan word.”

Weavers het haar verbintenis met die voormalige Springbok-kaptein vroeër vanjaar in ’n onderhoud met Huisgenoot onthul sonder dat haar identiteit toe bekend gemaak is.

Sy het destyds gesê sy en Joost het onder meer seks gehad terwyl Vittone swanger was.

Weavers het gister gesê haar verhouding met Van der Westhuizen het begin terwyl hy en sy eerste vrou, Marlene, nog getroud was. Hy en Marlene is in 2001 geskei en hy het kort daarna met Vittone getrou.

Toe Die Burger Van der Westhuizen gister nader oor Weavers se bewering, het hy gesê: “Daar was baie sondes en ek het baie verkeerde dinge gedoen. My versoek om vergifnis in my boek strek wyer as net die video; dit sluit my algemene verlede in. Van nou af wil ek net die reguit pad stap en dinge reg doen. Charmaine Gale, Mike Bolhuis (Van der Westhuizen se private ondersoeker) en enigiemand anders kan maar openbaar maak wat hulle wil. Ek bely my sondes, ek vra om verskoning, ek vra om vergifnis.”

Vittone het gister in trane in ’n onderhoud op Jacaranda 94.2 gesê haar hart is “uitgeruk”.

Sy het gesê sy het haar man “elke dag” gevra of dit hy in die video was.

- Die Burger
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
69 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Crunchie sê... Ek het jou 'n opduimpie gegee want ek weet wat volg. Dit sal anyway jou enigste een wees Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Showers early. More sun than clouds. Warm.
Jhb: 17-26°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 19-29°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 20-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 119,900.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ AT
2010
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.