Joost-hofgeding nie nodig, sê prokureur

2011-06-20 07:06
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Joost van der Westhuizen hoef nie aansoeke by die hof in te dien vir voldoende toegang tot sy kinders nie, omdat die huidige reëling in verband daarmee heeltemal voldoende is.

Só sê Claudio Bollo, prokureur van die sangeres Amor Vittone. Sy en Van der Westhuizen is besig met ’n egskeiding en die kinders is onder haar toesig geplaas.

Van der Westhuizen gaan vandeesweek hofstukke indien om meer toegang tot sy kinders te kry.

Bollo sê hy kan nie kommentaar lewer op hofstukke wat nog nie uitgereik en in sy besit is nie, maar hy beskou die bestaande toegang wat Van der Westhuizen, oud-Springbokkaptein, tot sy kinders het, as voldoende.

Robert Klinkenberg, Van der Westhuizen se prokureur, sê die hofstukke in verband met meer toegang tot sy kinders sal vandeesweek in die hooggeregshof uitgereik word.

“Ek verwag dat die saak binne twee weke op die hofrol geplaas sal word.

“Dit is nie ’n dringende aansoek nie, eerder ’n semi-dringende aansoek.

“Joost meen dat die huidige reëling nie voldoende is nie.

“Daarvolgens kry hy die kinders elke tweede naweek en mag hy hulle soms deur die week by die skool gaan haal om hulle huis toe te vat.

“Ons glo dat die tyd nou reg is dat ’n formele toegangsbevel deur ’n hof gemaak word sodat almal weet waar hulle staan.”

Die twee kinders het Sondag, Vadersdag, saam met Van der Westhuizen deurgebring.

Nie hy of Vittone het gereageer op stemposboodskappe op hul selfone om kommentaar te lewer nie.

Intussen het Bridget van Oerle, Van der Westhuizen se woordvoerder, Vrydag gesê ’n nuuskonferensie sal binnekort – moontlik vandeesweek nog – gehou word om die finale aankondiging oor Van der Westhuizen se siekte te doen. Aanvanklik is aangekondig dat hy motorneuronsiekte het, maar intussen het ’n tweede neuroloog volledige toetse op hom gedoen. Dit is dié bevindinge wat op die konferensie bekend gemaak sal word.

Klinkenberg sê die mediese advies wat hy gekry het, is dat Van der Westhuizen heeltemal in staat is om ’n motor te bestuur en om na die kinders om te sien terwyl hulle in sy sorg is.

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.