Joost het dalk nié gevreesde siekte
2011-05-23 08:11
Kaapstad – Dit is nog geen uitgemaakte saak dat Joost van der Westhuizen, oud-Springbok, motorneuronsiekte het nie.
Dít blyk uit ’n verklaring wat dr. Jody Pearl, een van die dokters wat onlangs intensiewe toetse op Van der Westhuizen uitgevoer het, laat Sondagaand uitgereik het.
Verlede week het sy huisdokter en vriend, dr. Henry Kelbrick, ’n verklaring uitgereik dat hy motoneuronsiekte het en waarskynlik nie lank sal bly leef nie.
Sondag het Pearl egter gesê geen “finale diagnose” is nog oor Van der Westhuizen gemaak nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- Die Burger