Joost en Amor gaan skei
2010-08-05 21:24
Kaapstad - Die voormalige Springbok Joost van der Westhuizen het sy vervreemde vrou, Amor Vittone, om 'n egskeiding gevra, berig RSG.
Die glanspaartjie het verhoudingsprobleme gehad sedert 'n omstrede seksvideo met Van der Westhuizen en 'n ontkleedanseres aan die lig gekom het.
In Mei is daar berig dat Vittone Van der Westhuizen uit hulle huis in Deinfern Valley geskop het. Daar was toe nog nie sprake van 'n egskeiding nie.
Van der Westhuizen se prokureur, Robert Klinkenberg het bevestig dat egskeidingsdokumente Donderdag op Vittone bedien is.
Hy sê hy hoop om Vrydag met Vittone se prokureur, Claudio Bollo te vergader om die besonderhede te bespreek.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.