Joost bieg oor seksvideo

2009-11-01 07:45
Tweets Share Share line Print

Die voorblad van Joost van der Westhuizen se nuwe boek.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Herman Jansen

Johannesburg - “Dis ek in die seks-video. En ek is bitter, bitter jammer dat ek gelieg het.

“Asseblief, vergewe my.”

Ná agt maande van heftige ontkenning het die Springbokheld Joost van der Westhuizen (38) aan Rapport erken dis hý wat sowat drie jaar gelede skelm verfilm is terwyl hy in ’n Pretoriase huis “seksuele kontak” (soos hy dit stel) met die blonde ontkleedanseres Marilize van Emmenis (nou 24) gehad het.

In dié steelvideo snuif Joost, met net ’n onderbroek aan, ook die dwelm Cat.

Rapport het dié video onthul in dieselfde week waarin Joost en sy vrou, Amor Vittone, hul Christenskap in Vrouekeur bely het.

Van meet af aan het dié oud-Bokkaptein gesê die man in die video is iemand anders.

“Span van der Westhuizen” – met die private ondersoeker mnr. Mike Bolhuis vooraan – het dié leuen toe met mening probeer verkoop.

Daar is triomfantlik aangekondig Joost het ’n leuenverklikkertoets geslaag. Daar was dreigemente en ’n jagmakery op die videomakers.

En die publiek het aanhou twyfel of dit Joost in die video was of nie.

SuperSport het Jooste se dienste as kommentator vroeër vanjaar opgeskort, hoofsaaklik oor sy dwelmgebruik in die video.

Joost het tot in daardie stadium Maandae sy SuperRugby-program komkommerkoel aangebied – asof hy nie ’n bekommernis in die wêreld het nie.

Maar in sy boek, Spieëlbeeld, praat Joost oor die hel waardeur hy is.

“Elke oomblik van elke dag het daardie video alles in my lewe oorheers. Die feit dat ek besig was om ’n leuen te leef het my van binne opgevreet en verteer.”

Hy het ook vir Amor gelieg, het hy aan Rapport gesê.

“Sy het my mooi gevra, en ek het vir haar gejok.” Eers teen begin Augustus het Joost teenoor Amor beken. “Sy is die ongelooflikste mens. En van daar af het ons aan ons verhouding begin werk, left, right en centre.

“Tot vandag het ek myself nie eens vergewe nie. Hoe kan ek verwag sy moet my vergewe?

“Ek kan my gesin steeds verloor. Dinge is nog nie 100% met Amor nie.

“Maar ons het die hele tyd nog nie een nag in verskillende beddens of kamers geslaap nie.” ’n Egskeiding is allermins op pad, sê Joost. “Dis die grootste klomp s****t.”

In sy boek en teenoor Rapport onthul Joost ook:

* SuperSport gaan “binne dae” besluit of sy kontrak beëindig gaan word of nie. “Ek sal nie verbaas wees as hulle dit doen nie – dis die punch wat ek moet vat. SuperSport het ’n handelsmerk om te beskerm.”

* Hy, Amor en hul twee kinders het in Junie by die evangelis Angus Buchan op sy plaas by Greytown gaan kuier om raad te vra. “Oom Angus het my laat besef ek moet opstaan en die pilaar in die huisgesin wees.”

* Die video hét hom finansieel geknou, sê Joost. “Maar ek is nie uitgewipe nie, ek woon nog in dieselfde huis, het nog dieselfde werk.

“En die uitnodigings begin weer toeneem – ek tree juis Vrydagaand (eergister) op ’n manne-aand in Upington op.”

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: joost  |  van der westhuizen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
40 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Briek sê... Besef ons dat hierdie Devon presies dieselfde persoon is as Blip, James Manyi en Legens ??? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.