Joost: “Ek het amper my lewe verloor”

2009-11-05 07:45
Tweets Share Share line Print

Thinus Ferreira

Johannesburg - “Ek het amper my lewe verloor.” En later: “Ek het hard op my gat geval.”

Só het ’n sigbaar afgetakelde Joost van der Westhuizen, gewese Springbok-rugbyspeler, gisteraand met die moegheid vlak hoorbaar in sy stem aan Coenie de Villiers op Kwêla op kykNET gesê.

Dit was Van der Westhuizen se eerste TV-onderhoud sedert hy verlede week erken het dit was wel hy in die berugte seksvideo wat in Februarie opslae gemaak het. Dié seksvideo het Van der Westhuizen en sy vrou, die sangeres Amor Vittone, se lewe die afgelope agt maande in ’n maalkolk gedompel.

“Dit was ’n baie rowwe week, maar dit was deur my eie toedoen. Dis ’n geveg wat ek moet veg met myself en ek sal anderkant uitkom.” Van der Westhuizen het gesê hy sit in die regstreekse onderhoud “in skaamte” en hy voel “verneder”.

“Ek vra om verskoning vir wat ek aan daai vrou en aan die mense gedoen het. Ek het hierdie boek geskryf aan my twee kinders. Ek kan nie verwag dat my twee kinders eerlik moet wees met my as ek nie eerlik is met hulle en hul ma nie.

“Dis die storie van ’n rugbyspeler – my storie – wat so beroemd geraak het dat jy later ’n valse lewe lei. Nou is dit ’n lewensles van ’n ou wat van sy troontjie gekom het omdat hy ’n leuen gelewe het.”

Van der Westhuizen het gesê: “Ek vra om vergifnis en om verskoning hier op Kwêla. Die goed waarvan ek nou beskuldig word, is my private lewe.

“Dit is wat ek moet uitsorteer met my vrou en my kinders en my Here. Ek speel nie die geloofkaart nie. Hierdie is my lewe en ek het verkeerd geleef. Ek wil regmaak.”

Hy verwag dat hy nog met baie klippe gegooi gaan word. Hy het bygevoeg dat hy oor die media “tweeledig” en “baie emosioneel voel”.

“Hierdie dinge het gebeur om my ’n beter mens en nie ’n bitter mens te maak nie. Ek wil ’n beter mens hier uitstap. Ek is ’n mens. Ek het foute gemaak. Ek is uitgevang. Nou moet ek regmaak. Daar is net een pad, en dit is die waarheid. My boodskap is eenvoudig: Moenie ’n leuen lewe nie.”

’n Ietwat skor Van der Westhuizen het byna emosioneel geraak toe hy oor sy vrou gepraat het.

“Sy is hierdie ongelooflike mens. Ek vra myself: Hoe kon jy dit gedoen het, Joost? Ek het hard op my gat geval.”

Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.