Jong vrou sterf in gru-ongeluk in Pta
2010-08-28 18:18
Kaapstad – Drie vroue in hul 20’s het beheer oor hul voertuig verloor toe hulle om ‘n draai in DF Malanrylaan in Pretoria gery het, het ‘n woordvoerder gesê.
Die voertuig het daarna deur ‘n versperring gejaag en teen ‘n boom gebots.
Volgens Chris Botha van Netcare911 het die verwronge raam van hul motor om die boom gebuig.
Brandbestryders het amper ‘n uur lank geveg om die bestuurder uit die wrak met meganiese kake te red.
Een vrou is in ‘n kritieke toestand per helikopter na ‘n hospitaal geneem vir spesiale behandeling.
‘n Tweede vrou, wat ernstige beserings opgedoen het, is deur ‘n ambulans na ‘n hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die derde vrou is op slag dood weens die ekstensiewe beserings wat sy opgedoen het.
Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.
- Nuus24
Volg Nuus24 op Twitter.