Jong vrou by skool in Malmesbury verkrag
2010-12-12 16:06
Johannesburg – ‘n Vrou is Saterdag by ‘n skool in Malmesbury gevind nadat sy aangerand en verkrag is, het die Wes-Kaapse polisie gesê.
Volgens konst. Henry Du Rand, ‘n woordvoerder, is die jong vrou deur ‘n verbyganger gevind terwyl sy kaal op Schoonspruit Sekondêre Skool se sportveld gelê het.
“Die vrou het ernstige beserings aan haar kop en gesig opgedoen asof sy deur ‘n stomp voorwerp geslaan is en dit was ook bevestig dat sy verkrag is,” het Du Rand gesê.
Die voorval het vroeg Saterdagoggend plaasgevind en sy is ‘n paar ure later gevind.
Die vrou, wat in haar twintigs is, is na die Tygerberg-hospitaal geneem en kon nie praat nie.
Volgens Du Rand vermoed die polisie dat die vrou breinskade opgedoen het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA