Jong seuns vas vir verkragting
2011-11-26 22:05
Johannesburg – Twee seuns onder die ouderdom van 10 sal na verwagting binnekort in die Mthatha-landdroshof verskyn ná hulle na bewering 'n sesjarige meisie in die Ngangelizwe-township in Mthatha verkrag het, het die Oos-Kaapse polisie Saterdag gesê.
Die seuns, ses en nege, is Vrydag in hegtenis geneem kort na gemeenskapslede die polisie gebel het, het lt. kol. Mzukisi Fatyela gesê.
Bure het beweer die seuns het die meisie voorgekeer en haar na 'n afgeleë hoek van die woonstelgebou waarin hulle almal woon, geneem, voor hulle haar aangerand en verkrag het.
Die seuns is sedertdien vrygelaat onder toesig van hulle ouers, omdat hulle minderjarig is.
Hulle sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.
Fatyela het gesê die hof sal besluit wat met hulle moet gebeur, aangesien hulle minderjarig is.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA