Jong meisie verdrink in dam
2012-01-02 18:39
Potchefstroom – 'n Agtjarige meisie het Maandagmiddag in 'n dam buite Potchefstroom verdrink, het ER24 gesê.
Volgens Derrick Banks, 'n woordvoerder, het familielede lank probeer om haar weer by te bring, maar sy is op die toneel dood verklaar ná paramedici op die toneel aangekom het.
Die meisie het in die moeilikheid geraak terwyl sy geswem het, het hy gesê.
Intussen het SABC-radionuus berig dat 'n 47-jarige man en twee jeugdiges, 16 en 17, dood is toe twee bote by 'n vakansie-oord buite Bronkhorstspruit teen mekaar gebots het.
Geen verdere inligting oor dié ongeluk is in die stadium beskikbaar nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA