Jong man vermis
2011-12-02 09:00
Aliwal-Noord – Die ouers van ’n jong man van die dorp sit met hul hande in hul hare oor waar hul seun hom moontlik kan bevind.
Stefan Oosthuizen (23), ’n depressielyer, het Dinsdag van die huis weggeloop.
Volgens sy pa, Pieter, het hy ’n paar stukkies klere gepak en met sy wit Ford Bantam-bakkie (registrasienommer FNT176 EC) verdwyn.
Volgens Oosthuizen sr. is hulle bekommerd omdat Stefan sy medisyne by die huis gelos het.
Hy het geen briefies gelos nie.
“Ons vermoed hy is moontlik Bloemfontein of Kimberley toe.”
Stefan is as vermis aangemeld.
’n Facebook-blad, Help find Stefan Oosthuizen, is ook begin om te help met die soektog.
Enigiemand met inligting kan Pieter Oosthuizen by 087-550-1460 of 083-261-0568 bel.
Volg Nuus24 op Twitter
- Volksblad