Jong man sterf op N1

2011-12-24 08:02
Tweets Share Share line Print

Vicus Bürger

Bloemfontein – ’n Jong man met Vrystaatse wortels is dood en sy vrou ernstig beseer in ’n grusame ongeluk op die N1 buite Bloemfontein toe hulle op pad na sy ouers was om Kersnaweek daar deur te bring.

Die vyf insittendes van die ander motor wat in die botsing betrokke was, is ook beseer.

Damian (23) en Helen Sykes (21) van Pretoria, wat skaars ’n jaar getroud is, het eergisteraand omstreeks 22:15 in hul Volkswagen Velociti teen ’n Volkswagen Polo op die N1 naby die vulstasie by Sunny Hill gebots.

Dit is nie seker hoe die ongeluk gebeur het nie.

Ao. Zweli Mohobeleli, polisiewoordvoerder, sê mnr. Sykes is op die ongelukstoneel dood.

Sy vrou is na die Mediclinic Bloemfontein gebring.

Mohobeleli sê die vyf insittendes van die Polo, onder wie ’n vierjarige meisie, is ook in die ongeluk beseer en na die Pelonomi-hospitaal in die stad gebring.

Hul name is nog nie bekend nie.

Die nooddiens ER24 en provinsiale ambulansdiens het beseerdes op die toneel behandel en na die hospitale vervoer.

André Visser, woordvoerder van ER24, sê reddingstoerusting moes gebruik word om beseerdes te bevry.

Die egpaar was op pad na Bloemfontein om by mnr. Sykes se ouers, Simon en Tina, te kom kuier.

Mnr. Sykes sr. was gister te hartseer om met Volksblad te praat.

Die jong man het nog eergister op sy Facebook-profiel geskryf: “bloemtown here we come. Gna chill der for t week.”

Sy skoonpa, Nicky Haddad van die plaas Howie in die Clocolan-distrik, het gister gesê sy skoonseun was ’n “mooi mens met ’n wonderlike familie”.

Die tragiese ongeluk so kort voor Kersfees is ’n geweldige skok vir die familie. Hy het gesê sy dogter word onder sterk verdowing gehou en hy is nie seker of sy weet haar man is dood nie.

Mev. Sykes het verskeie snywonde opgedoen en is in ’n stabiele toestand in die Mediclinic se intensiewe-sorgeenheid. Sy is ’n grafiese kunstenaar. Haar man was ’n siviele ingenieur in Gauteng.

Die egpaar het saam aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein studeer.

Mev. Sykes se ma, Annette Haddad, is van haar pa geskei en woon ook in Bloemfontein.
  

- Volksblad

Lees meer oor: ongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.