Jong man by kuierplek papgeslaan

2011-11-29 08:00
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Die pa van ’n jong Bloemfonteiner, wat vermoedelik in die stad aangerand en bebloed agtergelaat is, is op soek na sy seun se aanvallers.

FC Marx (18) is Sondag in die vroeë oggendure langs Dirk Oppermanstraat in Langehovenpark bewusteloos en in ’n ernstige toestand gevind.

’n Vrou, wat verkies om anoniem te bly, sê haar seun het op hom afgekom.

“Hy was (volgens haar seun) kwaai bebloed.”

Haar seun het vermoed hy is geslaan en het die nooddienste ontbied. Hy kon glad nie praat nie.

Marx is na die Bloemfontein Mediclinic gebring.

Volksblad het in ’n ondersoek vasgestel hy was vroeër die nag by die Wild Boar-kuierplek oorkant die plek waar hy gevind is.

Frank van den Berg, eienaar van dié kuierplek, het videomateriaal wat in die nag deur veiligheidskameras opgeneem is, aan ’n joernalis gewys.

Marx, skynbaar gedisoriënteerd, het Sondagoggend net ná middernag die kuierplek binnegekom. Van den Berg sê dit wil voorkom asof hy vir iemand weggehardloop het.

Kort daarna het personeel hom uit Wild Boar verwyder.

Van den Berg sê die jong man het volgens ooggetuies ’n vrou, wat in beheer van die kuierplek se skoonmakers is, by die ingang in die gesig gestamp.

Op die videomateriaal kan ’n mens sien hoe sy hom buite die kuierplek klap nadat hy uitgesleep is.

Later staan hy op en hardloop weg waarna hy vermoedelik aangerand is.

Volgens die eienaar is dit nie seker of Marx vroeër die aand hier gekuier het nie.

Sy pa, Tommie, het gesê hy gaan uitvind wie sy seun geslaan het. Die jong man se ouers wou nie volledig kommentaar lewer nie.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Bloemfontein Mediclinic, sê Marx het sagte weefselbeserings (soos kneusplekke) opgedoen, maar niks gebreek nie.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het gister gesê ’n klag oor dié vermoedelike aanranding is nog nie by die polisie ingedien nie.

Marx was vroeër in die nuus nadat hy in ’n rugbyoefening by sy skool inmekaargesak het. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: misdaad  |  aanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
54 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.