Jong ma agter die stuur doodgeskiet
2011-11-08 10:09
Johannesburg – ‘n Vrou is Dinsdagoggend doodgeskiet terwyl sy in Faerie Glen, oos van Pretoria, gery het, het die polisie in Gauteng gesê.
“Die vrou (25) het om 07:10 op Manitoba-rylaan gery toe ‘n motorfiets, waarop twee mense was, haar verbygesteek het,” het ao. Duane Lightfoot gesê.
Getuies het aan die polisie gesê dat hulle verskeie skote gehoor het wat waarskynlik deur die passasier op die motorfiets gevuur is. Die vrou se motor het die pad kort daarna verlaat en die sypaadjie getref.
Paramedici het die vrou op die toneel dood verklaar, het Lightfoot gesê.
Die vrou haar kind glo kort voor die skietery by ‘n kleuterskool afgelaai.
“Ons weet op die oomblik nie wat die motief was nie, maar ons is besig om ondersoek in te stel,” het Lightfoot gesê.
Teen 09:00 was niemand nog in hegtenis geneem nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA