Jong boer aangehou, met mes gedreig

2011-09-06 07:00
Tweets Share Share line Print

Ventersburg – ’n Jong boer van die distrik sê hy is so getraumatiseer nadat polisiebeamptes hom onder meer met ’n mes gedreig het, hy wil nie eens meer alleen in sy huis slaap nie.

Emile van der Merwe (19), wat ses maande gelede van die Kaap na die Vrystaat verhuis het om op sy ouma se plaas met skape te kom boer, sê hy het ook gesien hoe ’n ander verdagte in die polisiekantoor deur polisiebeamptes aangerand word.

“Ek was omstreeks 01:00 Sondagoggend van Ventersburg na Hennenman op pad om by vriende te gaan kuier toe ek die blou ligte agter my sien. Ek het dadelik stilgehou.”

Die twee polisiebeamptes het Van der Merwe daarvan beskuldig dat hy dronk is. Hulle het hom en sy bakkie deurgesoek en hom toe glo sonder ’n verduideliking agter in die vangwa gegooi.

Van der Merwe sê een van die polisiebeamptes het met sy bakkie agter die vangwa aangery.

“By Hennenman se polisiekantoor het ek gevra of ek iemand kon bel, maar hulle het geweier. Die polisiebeamptes het my daarvan beskuldig dat ek die bakkie gesteel het, waarop ek verduidelik het dit is my werkgewer se bakkie. Ek het vir hulle haar nommer gegee.”

Van der Merwe is beveel om te sit, maar hy moes op die grond langs die ry stoele in die aanklagkantoor gaan sit.

“Ek het weer gevra om iemand te bel, maar dit is geweier. Ek het dit oorweeg om op te staan en uit te stap, maar het gesien hoe die polisiebeamptes ’n ander verdagte daar in die aanklagkantoor aanrand. Hulle het hom onder meer teen die muur gegooi. Daar was tussen agt en tien polisiebeamptes.”

Een van die polisiebeamptes het die lem van ’n knipmes voor Van der Merwe se gesig rond geswaai en glo gesê hy moet erken dat hy die bakkie gesteel het. “Ek het weer gesê hulle kan die eienaar bel. In daardie stadium was ek regtig bang. Ek het nie geweet wat gaan gebeur nie. Die ander polisiebeamptes het nie eens opgekyk terwyl hul kollega my met ’n mes gedreig het nie. Is dié optrede aan die orde van die dag?”

’n Ander polisiebeampte het gesê Van der Merwe se bloed moet getrek word, maar dit het nooit gebeur nie.

Kort voor 04:00 is Van der Merwe se bakkiesleutels voor sy gesig geswaai en vir hom gegee.

“Ek het gemaak dat ek daar wegkom, so gou as moontlik. In die bakkie was my pakkie sigarette weg en daar is duidelik in alles gekrap. Ek vermoed dat daar van die tjeks ook weg is, maar die bank sal dit eers later kan bevestig.”

Van der Merwe sê hy het ’n klag by die polisie ingedien en is bereid om dit tot in die grondwethof te vat, omdat sy menseregte aangetas is.

“Ek is geviktimiseer en onregmatig aangehou. Ek kan nie net stilbly nie. Mense moet weet.”

Ao. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê Van der Merwe het ’n klag by die polisiekantoor op Ventersburg ingedien. Dit sal nou na Hennenman oorgeplaas word en dan sal die polisie se provinsiale woordvoerder vandag daaroor kan kommentaar lewer.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: sapd  |  aanvalle  |  polisie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
67 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.