Jong Samaritane glo deur polisie aangerand

2011-05-03 08:57
Tweets Share Share line Print

Stellenbosch - Drie jong mans van Somerset-Wes is glo ure lank deur polisielede van die Stellenbosch-polisie geklap, gevloek en gedreig nadat hulle vroeër die aand ’n man wou help wat glo deur twee ander jong mans aangerand is.

Wiann Groenewald (18), ’n student aan die Boland-kollege, Jacques Geldenhuis (18), ’n student in Engeland, en Werner Wessels (18), ’n amateur-gholfspeler, het Saterdagoggend drie klagte van aanranding teen lede van die Stellenbosch-polisie ingedien.

Hulle sal Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn op klagte van verset teen inhegtenisneming en die verhindering van polisiebeamptes in die uitvoering van hul pligte.

Kapt. René Matthee, Stellenbosch se polisiewoordvoerder, het bevestig dat die drie in hegtenis geneem is en dat ’n klag van aanranding teen polisielede op 30 April by die polisiekantoor ingedien is.

“Ons ondersoek albei voorvalle,” het sy gesê.

In die betrokkenes se beëdigde verklarings verduidelik elkeen die gebeure van 29 April wat gelei het tot wat hulle beskou as polisie-brutaliteit en hul inhegtenisnemings.

Francois van Wyk (19), ’n vriend van die drie wat ook ten tyde van die voorval by was, het ’n verklaring as ooggetuie ingedien.

Luidens al vier verklarings het die jong mans Vrydag omstreeks 23:00 in Birdstraat in die rigting van die Dros-restaurant gestap.

Oorkant die kuierplek Die Lapa, het die vier gesien hoe ’n “jong, wit man” besig was om “’n ouer, grys, bruin man met ’n snor” te slaan.

Hulle het die ou man te hulp gesnel.

Volgens Wessels se verklaring het twee polisievangwaens in daardie stadium verbygery en gestop.

“Daar was ongeveer ses polisielede. Twee polisiemanne het Jacques hardhandig gegryp, sy kop baie hard teen die vangwa gestamp en hom agter in die vangwa gestoot terwyl hulle sy kop hard teen die deur van die voertuig gestamp het.”

Drie van die vier jong mans is glo “hardhandig” in die vangwa gelaai en na die polisiekantoor gebring.

By die polisiekantoor is hulle glo hard in die gesig geklap en gevloek. “Vier van die polisiemanne het ons die hele aand voortdurend toegesnou: ‘Julle wit boerseuns kom net k*k maak in ons dorp.’”

Hulle is om 03:00 vrygelaat, waarna ’n polisieman glo aan Wessels gesê het: “Julle moet verstaan as ons rassisties is.”

- Volksblad

Lees meer oor: sapd  |  aanrandings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.