Jolkol-bomsaak laat vaar
2010-07-20 14:10
Kaapstad – Die staat het Dinsdag sy saak teen ‘n man wat na bewering ‘n bomdreigement by ‘n Kaapse jolkol gemaak het tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi, teruggetrek.
Sipho Mshweshwe (32) van Table View het reeds verskeie kere in die hof verskyn.
Staatsaanklaer Nation Loliwe het aan die streekshof in Kaapstad gesê dat Mshweshwe se regsverteenwoordiger, Ben Mathewson, se voorstel om die saak te laat vaar, suksesvol was.
Volgens Mathewson was Mshweshwe “baie gelukkig” oor hierdie besluit.
“Wat hy moes deurmaak was nie ‘n lekker ervaring nie,” het hy gesê.
Mshweshwe het geweier om deursoek te word by die ingang van die Grand Parade-jolkol verlede maand. Hy het glo aan sekuriteitswagte gesê dat hy ‘n bom aan hom het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA