Johannesburg gaan sink, geboue kantel

2010-07-30 08:15
Tweets Share Share line Print

Johannesburg  - Johannesburg sit op ’n tydbom.

Die mynwater onder die stad moet “baie vinnig” uitgepomp word anders gaan Johannesburg “sink”.

So het Gareth Morgan, DA-woordvoerder oor water­wese, gister ná afloop van ’n driedaagse besoek aan water­ryke myngebiede aan die Witwatersrand gesê.

Morgan het gesê “burokrasie” en “’n gevoeteslepery” tussen die departemente van mynbou en waterwese gaan ’n “groot omgewingskrisis” aan die Witwatersrand en veral in die sentrale deel van Johannesburg veroorsaak.

Hy het daarop gewys dat dieselfde omgewingsramp wat die Wes-Rand in Januarie getref het toe meer as 70 miljoen liter suur mynwater by ’n ou ventilasieskag begin uitborrel het, Johannesburg se voorland is as die regering nie nou aan die werk spring om pompe te bou sodat die ondergrondse water uitgepomp kan word nie.

Mariette Liefferink, omgewingsaktivis, het verlede week aan die portefeuljekomitee oor waterwese gesê die water in die uitgemynde dolomitiese kom waarop Johannesburg gebou is, is 560 m van die oppervlak af.

Marius Keet, adjunkdirekteur van watergehaltebestuur by die departement, het by dieselfde geleentheid bygevoeg die water styg daagliks met byna ’n meter.

Die verwagting is dat die suur mynwater oor 18 maande (vroeg in 2012) op verskeie plekke in die sentrale deel van Johannesburg kan begin uitborrel.

Volgens Morgan is daar ook bewyse dat die suur mynwater, as dit ’n sekere vlak bereik het, hoë geboue onstabiel kan maak.

“Daar is dus nie meer tyd nie. Die regering sal onmiddellik moet optree om planne in werking te kry,” het hy gesê.

Volgens Keet is daar “planne” vir infrastruktuur op die tafel, maar die regering gaan onmiddellik R220 miljoen daarvoor nodig hê.

Morgan het bygevoeg hy is geskok oor wat hy die afgelope drie dae gesien het.

“Aan die Wes-Rand loop miljoene liter suur mynwater in die Tweelopiespruit en by Grootvlei word besoedelde mynwater in die Blesbokspruit gepomp.”

Hy het gesê die regering kan nie net pompe bou en die water onder die stad uitpomp nie.

“Dis suur mynwater daardie. Dit sal skoongemaak moet word voordat dit in riviere gestort word.

“Die DA meen dié is ’n noodsituasie waarvoor onmiddellik oplossings gevind moet word.”

H20 styg toe myn sluit

    * Die water in die sentrale kom het begin styg nadat die land se oudste myn, ERPM, twee jaar gelede sy deure gesluit en die pompe afgeskakel het.
    * Aan die Wes-Rand pomp Rand Uranium nog daagliks 12,5 miljoen liter van die 19,5 miljoen liter water wat uit die ventilasieskag uitborrel.
    * By Grootvlei aan die Oos-Rand pomp Aurora 108 miljoen liter mynwater uit die ondergrondse oostelike kom, maar suiwer dit nie en stort dit net so in die Blesbokspruit. 

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: kan jy glo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
53 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.