Joggies blus vuur ná motor en trok op N1 bots
2010-12-22 12:35
Worcester - 'n Motoris is dood en twee ander is beseer toe hulle Woensdag in 'n ongeluk met 'n trok buite Worcester op die N1 betrokke was, het paramedici gesê.
Die motor het tydens die ongeluk onder die trok beland.
Volgens Andre Visser, woordvoerder van ER24, het twee insittendes van die motor oorleef nadat petroljoggies die vuur geblus is wat deur die ongeluk veroorsaak is.
Die ongeluk het omstreeks 06:45 plaasgevind, maar dit is nie duidelik hoe dit ontstaan het nie.
Die trokbestuurder se toestand is nie bevestig nie.
- Sapa