Joggie gooi baas met petrolbom

2011-03-07 07:41
Tweets Share Share line Print

Modimolle (Nylstroom) – Die bestuurder van die Kranskop-vulstasie langs die N1-hoofweg naby Modimolle in Limpopo veg om sy lewe nadat ’n beswaarde petroljoggie Sondagoggend ’n petrolbom in sy kantoor gegooi het.

Jaco Rossouw (34), ’n mede-eienaar van die vulstasie, was teen druktyd in ’n uiters kritieke toestand in die Muelmed-hospitaal in Pretoria nadat hy 95% brandwonde opgedoen het.

Die petroljoggie het die petrolbom deur Rossouw se kantoorvenster gegooi en het self brandwonde aan sy arms opgedoen. Hy word onder polisiebewaking in ’n hospitaal behandel.

Geskokte motoriste by die garage het die vlamme op Rossouw se liggaam met ’n brandblusser geblus. Hy is Sondagmiddag per helikopter van die Warmbad- provinsiale hospitaal op Bela-Bela (Warmbad) na die Muelmed-hospitaal in Pretoria gevlieg.

Mark Harper, ’n vriend, het teen druktyd gesê dit gaan “baie sleg met hom. Die dokters bring net slegte nuus, maar ons glo en vertrou dat God ’n wonderwerk sal doen.”

’n Chaos het Sondag omstreeks 09:00 by die besige vulstasie langs die N1 uitgebreek en talle motoriste het geskok toegekyk hoe die erg beseerde Rossouw deur paramedici behandel word.

Die petroljoggie en Rossouw het glo ’n onderonsie gehad. Dit is nie bekend waaroor nie. Van die ander petroljoggies het gesê Rossouw het die man glo afgedank.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het gesê die petroljoggie het ná die rusie petrol in ’n bottel gegooi, dit aan die brand gesteek en deur die venster van die kantoorblok by die vulstasie gegooi.

Natasja Kotze was Sondagoggend op pad terug van Polokwane na Meyerton toe sy by die vulstasie stilgehou het. “’n Mens dink nooit jy sal so iets beleef nie. Dit was baie erg om te sien.”

Volgens Kotze het hulle gesien hoe die erg verbrande Rossouw buite die kantoor-gedeelte van die vulstasie deur nooddienswerkers behandel word. Hulle het ook die petroljoggie in ’n polisie-vangwa gesien.

Kotze het gesê van die petroljoggies het vir hulle gesê hul kollega het vroeër Sondagoggend glo gedreig om petrol deur Rossouw se kantoorvenster te gooi. “Hulle het hom toe gekeer en gesê hulle het nie later gesien toe hy petrol in die bottel gegooi het nie.”

Trompie Jonker van die private Tromar-ambulansdiens, het gesê die brandblusser wat omstanders gebruik het om die brand op Rossouw se lyf te blus, het veroorsaak dat hy van die poeier wat die blusser gespuit het, ingeasem het. Dit het sy longe ook erg beskadig.

Rossouw het ophou asemhaal terwyl nooddienswerkers van Tromar sowel as die provinsiale ambulansdiens hom behandel het. “Sy hare, wimpers en bykans al sy vel het afgebrand. Sy longe en lugpyp is ook beskadig deur die rook wat hy ingeasem het,” het Jonker gesê.

Ledwaba het gesê die joggie sal vandeesweek op aanklagte van poging tot moord, brandstigting en diefstal van petrol in die hof verskyn.

Rossouw en sy vrou, Edna, woon op Bela-Bela. Hulle het twee jong kinders, Ruben (4) en Emma (2). Rossouw was Sondagaand by haar man in die hospitaal.

Op mev. Rossouw se Facebook-blad het sy op 7 Februarie geskryf: “Sewe wonderlike jare saam, my man! Jy’s ’n geskenk uit God se hand vir my en die kinders! Kon nie vir ’n beter man gevra het nie!! Lief jou baie.” 

- Volksblad

Lees meer oor: petrolbomme  |  aanvalle

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.