Joernalis ontsnap net-net aanval by huis
2010-08-07 14:34
‘n Joernalis van City Press het ‘n noue ontkoming gehad toe ‘n gewapende man hom by sy huis in Nelspruit bespring het, berig IOL.
Die hoof van die publikasie se Mpumalanga-buro, Sizwe Sama Yende, sê hy het Vrydag om middernag by sy huis aangekom toe die man hom bespring het.
“Ek het die hek oopgemaak en by my huis ingegaan. Die oomblik toe ek omdraai om die skuifdeur toe te maak, het daar ‘n man vinnig na die deur aangestap gekom.
“Hy het gesê: ‘Hou op met wat jy doen en moenie die deur toemaak nie’.”
Yende het daarin geslaag om die deur toe te maak en te sluit. Hy wou nie spekuleer oor die motief vir die aanval nie.
Lees hier meer.