Jhb-treindienste weer normaal
2011-07-22 08:00
Johannesburg – 'n Onwettige staking deur Metrorail-treindrywers het geëindig, het Metrorail Vrydag gesê.
Die treindrywers het Donderdag begin staak oor die gebrek aan sekuriteit en die teistering deur pendelaars, het Tony Games, woordvoerder, gesê.
Die drywers het ná 'n vergadering met die bestuur ingestem om terug te keer werk toe.
"Terwyl die bestuur die werknemers se reg om te staak respekteer, sal diegene wat deelgeneem het aan dié onwettigge aksie die gevolge van hul aksies moet dra," het Games gesê.
Pendelaars is Donderdag met vyf treine tussen Johannesburg en Naledi vervoer.
Treindienste sal Vrydag weer na normaal terugkeer.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA