Jhb-raadslede skuld tot R1 m.

2012-01-28 07:06
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Lede van die Johannesburgse ­metroraad het die stad teen die einde van die 2010-’11-boekjaar byna R1 miljoen geskuld.

Luidens die stadsraad se finansiële verslag vir dié tydperk wat Donderdag ter tafel gelê is, was 64 raadslede (byna ’n kwart van die raad) agterstallig met hul betalings.

Onder hulle is Chris Vondo, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese ontwikkeling, en Mmusi Maimane, die DA se nasionale woordvoerder en koukusleier in die raad.

Die groep se rekeninge was in die 2010-’11-boekjaar vir meer as 90 dae agterstallig.

Die twee raadslede wat luidens die verslag die meeste geskuld het, is Daniel Netnow, DA-raadslid vir wyk 7 (Ennerdale en Lenasia-Suid), en David Dewes, DA-raadslid vir wyk 70 (Florida).

Netnow het aan die einde van die boekjaar R307 084 geskuld en Dewes R124 881.

Patrick Atkinson, DA-raadslid en -woordvoerder oor munisipale finansies, het gesê die styging in die skuldbedrag is gedeeltelik weens die diensterekeningkrisis in Johannesburg.

“Sommige van die raadslede maak hulle wel skuldig aan laat betaling, maar ander word soos die res van Johannesburg se inwoners deur rekeningprobleme geteister.”

Maimane, wat R3 789 agterstallig was, het gesê hy is kort voor die einde van daardie boekjaar verkies en het probleme met die oordrag van ’n rekening gehad.

Sy water- en kragtoevoer is aan die einde van verlede jaar afgesny ná eindelose probleme om te bewys die bedrag is wel vereffen.

“As ek vandag ’n rekening wou open, sal ek net soveel probleme hê.”

Netnow het gesê hy worstel al maande om sy rekening reg te stel.

“Soos baie inwoners sit ek met ’n reusagtige rekening wat ek sukkel om reg te stel. Dit is ’n probleem met die waterlesings en ek het dit al verskeie kere aangemeld.”

Dewes en Vondo, wat R1 706 geskuld het, was nie gister vir kommentaar beskikbaar nie. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: johannesburg

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.