Jhb-paaie gesluit weens optogte
2010-08-26 05:25
Johannesburg - Talle paaie in die Johannesburgse middestad gaan Donderdag weens 'n optog deur stakende staatsdienswerkers gesluit wees, het die metropolisie gesê.
Bree-, Eloff- en Commissionerstraat sal vanaf 11:30 tot 14:30 vir verkeer gesluit wees, het hoofsupt. Wayne Minnaar gesê.
Werkers sal na verwagting 'n optog vanaf Jeppestraat na die departement van onderwys in Sauerstraat hou, en dan na die premier se kantoor in Simmondsstraat.
Hulle sal dan na Jeppestraat terugkeer.
Motoriste word aangeraai om Rissik-, Anderson-, en Marshallstraat as alternatiewe roetes te gebruik.
- SAPA