Jhb-motorhandelaar steeds vermis
2012-12-27 17:59
Johannesburg – 'n Tweedehandse motorhandelaar wat vroeër die maand in Belgravia, Johannesburg ontvoer is, word steeds vermis, het die polisie Donderdag gesê.
"Op hierdie stadium is niemand nog in hegtenis geneem nie en mnr. Mohammed is nog nie opgespoor nie," het 'n polisiewoordvoerder, Pinky Tsinvane, oor die ondersoek gesê.
Volgens 'n e-pos wat deur sy familie gestuur is, het Nazeer Mohammed op 7 Desember vermis geraak.
Mohammed is laas gesien waar hy saam met twee mans in 'n voertuig by sy handelaarskap in Julesstraat in Belgravia klim.
Die volgende dag is hy in 'n voertuig saam met drie mans opgemerk.
Volgens sy familie is 'n losprys die volgende dag geëis, maar die oproep wat gemaak is was nie verstaanbaar nie.
Mense met inligting kan lt.-kol. Punt by 082 319 9844 skakel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA