Jhb mees stresvolle stad vir pendelaars
2011-09-08 15:44
Johannesburg – Die daaglikse pendel in Johannesburg is volgens studie deur IBM een van die slegstes ter wêreld – met meer as die helfte van padgebruikers wat vanjaar hoër stresvlakke beleef.
Pendelaars wat werk- of skool to ry, spandeer minstens 36 minute in verkeer, wat die langste gemiddelde wêreldwye pendeltyd is saam met Nairobi, Mexiko-Stad, Beijing, Bangalore en Moskou.
Johannesburgers is steeds positief aangesien sowat 30% van hulle glo die verkeer het "ietwat" of "aansienlik" in 2011 verbeter, teenoor verlede jaar se 19%.
'n Totaal van 8 042 pendelaars in 20 stede regoor die wêreld het aan die studie deelgeneem.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA