Jhb-man vas ná hy glo stiefdogter verkrag
2011-09-06 10:08
Johannesburg – 'n Man is in Dobsonville, Soweto, hegtenis geneem nadat hy glo sy 13-jarige stiefdogter verkrag het, het die polisie Dinsdag gesê.
"Dit gebeur glo al 'n geruime tyd," het ao. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, gesê.
"Die man het glo saans by haar kamer ingegaan terwyl haar ma slaap en haar mond toegedruk en dan verkrag."
Die meisie het 'n onderwyser van die verkragting vertel.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA