Jhb-inwoners betoog oor dienslewering
2011-06-09 16:26
Johannesburg – Inwoners van Thembalihle in Lenasia-Suid het verbygaande motors met klippe bestook en motorbande op die K43-pad aan die brand gesteek, het die Johannesburgse polisie gesê.
Ao. Kay Makhubela het gesê die inwoners was ongelukkig oor swak dienslewering en sê hulle kort huise en elektrisiteit.
Hy het gesê 'n klein groep inwoners het die pad omstreeks 03:00 versper en die polisie het net ná 04:00 op die toneel aangekom.
"Die situasie is kalm want die polisie monitor die situasie. Geen skote is afgevuur nie en niemand is in hegtenis geneem nie."
Hoofsupt. Wayne Minnaar van die Johannesburgse metropolisie het motoriste aangeraai om die K43 te vermy en die Goue Hoofweg te gebruik.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA