Jhb: Vullis oor Paasnaweek verwyder
2011-04-22 07:00
Kaapstad – Johannesburg se vullisverwyderingsdiens, Pikitup, sê vullis wat opgehoop het tydens die staking van twee weke, sal oor die Paasnaweek verwyder word.
Die waarnemende direkteur, Lawrence Boya, sê inwoners en sakeondernemings sal teen Maandag 'n duidelike verskil agterkom, het RSG berig.
Die gewone vullisverwyderingsdienste het Donderdag hervat. Verdere skofte is vir die naweek beplan.
In buurte waar vullis op Maandae verwyder word, word inwoners aangemoedig om hulle vullisdromme vroeg reeds uit te sit, om te verseker hulle mis nie die Pikitup-vragmotors nie.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.