Jeugliga verkla Kaapse burgemeester

2010-06-08 10:05
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad – Die ANC-jeugliga het strafregtelike klagte teen die burgemeester van Kaapstad, mnr. Dan Plato, by die polisie ingedien te midde van die voortslepende toiletsage in Khayelitsha.

Klagte van opsetlike saakbeskadiging en aanhitsing tot geweld is by die Khayelitsha-polisiekantoor teen Plato ingedien.

Plato wou nie kommentaar lewer oor die klagte nie.

Die klagte is die jongste wending in die toiletsage nadat die Menseregtekommissie (MRK) Vrydag bevind het die Kaapse stadsraad het die regte van inwoners geskend deur nie behoorlik toegeboude toilette te verskaf nie.

Die ANC het gister die MRK se bevindinge verwelkom.

“Die uitspraak beklemtoon wat ons die heeltyd gesê het,” het mnr. Ishmail Mnisi, ANC-woordvoerder, in ’n verklaring gesê.

Die MRK het sy bevinding oor die voortslepende toiletsage deur middel van ’n persverklaring bekend gemaak.

Luidens die verklaring het die kommissie aanbeveel dat die DA-stadsregering die 51 toilette wat amptenare verlede Maandag in Makhaza, Khayelitsha afgebreek het weer installeer en dat alle toilette met bakstene en sement toegebou moet word.

Die Kaapse stadsraad het in 2007 begin om een toilet vir elke huishouding in Khayelitsha op te rig op voorwaarde dat inwoners dit self sou toemaak. Dié reëling sou glo verseker dat die stadsraad meer geld sal hê om ’n toilet vir elke huishouding op te rig.

Die MRK het egter bevind dat die proses van oorlegpleging met inwoners nie voldoende was nie.

Daar word ook aanbeveel dat die departemente van waterwese en menslike nedersettings meer betrokke raak by die uitwissing van die emmerstelsel en oop toilette.

Mnr. Shicelo Shiceka, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, beoog om inwoners van Makhaza vandeesweek te besoek om hul griewe oor sanitasiegeriewe aan te hoor.

) Die sinkplaat-afskortings by die toilette is deur die Kaapse stadsraad opgerig. Die raad is erg veroordeel oor die toilette wat aanvanklik nie mure gehad het nie en toe later met die sinkplaatmure toegemaak is.

Dit is gedoen ingevolge ’n ooreenkoms met die inwoners van Makhaza dat elke huishouding ’n toilet sou kry, maar omdat dit nie binne die begroting van die projek gepas het nie, het inwoners ingestem om self hul toilette toe te bou.

Die enkele toilette wat net so oop gelos is, is deur die ANC-jeugliga as ’n teken gesien dat die stadsraad nie omgee vir arm mense in townships nie.

Volg Nuus24 op Twitter

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: sa-politiek  |  optogte

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Briek sê... Besef ons dat hierdie Devon presies dieselfde persoon is as Blip, James Manyi en Legens ??? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.