Jeugligaleiers se aansoek om appèl gou ingehandig

2011-11-24 10:14
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Regsverteenwoordigers van die geskorste ANC-jeugliga-leiers sal hul aansoek om appèl by die ANC se nasionale appèlkomitee indien, het Sowetan berig.

Julius Malema, omstrede leier van die jeugliga (ANCYL), Floyd Shivambu, woordvoerder van ANCYL, Ronald Lamola, adjunkleier van die jeugliga, Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal, Kenetswe Mosenogi, adjunk-sekretaris-generaal, en Pule Mabe, tesourier-generaal, is skuldig bevind en twee weke gelede deur die ANC se nasionale tugkomitee (NTK) geskors.

Malema is skuldig bevind op aanklag dat hy verdeeldheid saai in die ANC nadat hy gesê het die Afrika-unie (AU) en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) is van koers af sedert oudpres. Thabo Mbeki nie meer staatshoof is nie.

Hy is ook skuldig bevind op aanklag dat hy die regerende party in oneer bring oor sy uitlatings oor Botswana.

Malema en die ander geskorste leiers is daarvan skuldig bevind dat hulle ongenooid by 'n vergadering van die ANC opgedaag en dié vergadering ontwrig het.

Die omstrede leier is vyf jaar uit die party geskors en beveel om sy posisie as leier van die ANCYL te verlaat. Shivambu is vir drie jaar geskors.

Die ander vier leiers vir elkeen vir twee jaar geskors. Die skorsing is opgeskort vir 'n tydperk van drie jaar.

Die jeugliga sal na verwagting argumenteer dat hy onafhanklik van die ANC is en dat die NTK op die liga se “ou” grondwet staat gemaak het toe die vonnisse opgelê is.

Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.