Jeugliga-lede skel Malema tot swye

2010-04-11 06:46
Tweets Share Share line Print

Piet Ramped, Rapport

Julius Malema, omstrede leier van die ANC-jeugliga, het van sy eie medisyne gekry toe afgevaardigdes by die jeugliga se provinsiale konferensie hom gekoggel en gekeer het om sy toespraak te lewer.

Die ANC-jeugliga in Limpopo se verkiesingskonferensie is in chaos gedompel nadat Malema sy steun toegesê het aan Jacob Lebogo, die ANC-jeugliga se streeksekretaris, wat Lehlogonolo Masoga, huidige provinsiale jeugligaleier, uitdaag.

Die gemoedere het so hoog geloop dat die polisie met ’n waterkanon en rubberkoeëls op jeugligalede buite die konferensiesaal losgebrand het. Minstens drie afgevaardigdes is in die hospitaal behandel.

Die kandidate se ondersteuners het in die saal by die Makhado FET College woedend op mekaar begin skreeu en vloek terwyl ander openlik vir Malema “oorlog! oorlog!” geskree het.

Dit het gekom nadat Malema vroeër ten aanskoue van die media ’n jeugliga-afgevaardigde met ’n stoel toegetakel het toe dié hom by die akkreditasietafels uitgejou het. Die polisie moes ook Vrydagaand ingryp toe die strydende partye mekaar met klippe gegooi het.

Die gemoedere het veral oorgekook toe ’n groep Masoga-ondersteuners die saal binnegekom het met twee baniere met onder meer die woorde “Nee vir tenderkomiteeleierskap”.

Leslie Malala, woordvoerder vir die Masoga-ondersteuners, het gesê hulle wil nie hê Malema of Cassel Mathale, premier van Limpopo wat Malema vergesel het, moet hulle toespreek nie.

Hulle was ook woedend omdat Malema-hulle die konferensie laat begin het voordat alle afgevaardigdes geakkrediteer was.

Die Masoga-ondersteuners het sowat 20 minute lank anti-Malema-liedere gesing voordat Mavhungu Leruli, provinsiale adjunkvoorsitter, hulle tot bedaring kon bring.

Die kalmte was egter van korte duur, want hulle het skaars gesit toe Malema-ondersteuners in geel T-hemde hulle uitgejou het.

Te midde van die chaos het Malema die media opdrag gegee om die saal te verlaat en hy het die polisie gevra om sy teenstanders te verwyder.

Die Masoga-ondersteuners het hom egter luidkeels aangeval oor sy hantering van die media en die polisie het gesê dit is nie hul werk om die oproerige konferensiegangers te verwyder nie.

Malema het eindelik teen 15:00probeer om die mense in die saal te midde van die onderbrekings toe te spreek, maar is telkens ook deur rumoerige jeugligalede buite die saal onderbreek.

“Sekuriteit, stop hierdie ding wat my in die rede val,” het Malema gesê.

Hy het ook gesê ’n nuwe leierskap sál verkies word.

“Oorlog of geen oorlog nie, laat die konferensie voortgaan. Laat die oorlog demokraties wees.”

- Rapport



Lees meer oor: julius malema  |  politiek

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.