Jeugliga gaan nie lê nie

2011-08-22 07:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die ANC se jeugliga is dalk gewond, maar hy gaan nie lê nie.

Verder is hy oortuig die aanklagte teen sy president en nasionale woordvoerder is polities gemotiveerd en dat dit nie werklik oor beweerde swak dissipline gaan nie.

Die jeugliga het Sondagaand – ná ’n spesiale vergadering van die organisasie se nasionale uitvoerende komitee (NUK) – ’n versigtig bewoorde verklaring uitgereik waarin hy hom aan die regerende party se dissipline onderwerp, maar wat terselfdertyd duidelik maak hy gaan nie ’n tree terug gee nie.

Maggie Moonsamy, jeugliga-woordvoerder, het ook by navraag bevestig daar word voortgegaan met planne om landwye optogte na belangrike ekonomiese instellings– soos die Johannesburgse effektebeurs – te hou. “Ons gaan nie afwyk van ons beleidsplanne net omdat ons ook nou hierby (die tugprosedure teen Julius Malema, ANC-jeugleier, en Floyd Shivambu, nasionale woordvoerder) betrokke is nie. Iemand moet leiding aan die jeug gee, en ons sal voortgaan om dit te doen.”

Dit blyk verder dié optogte gaan gebruik word om massa-steun vir Malema en Shivambu te werf.

“Die jeugliga bevestig sy totale steun aan sy leierskap en is oortuig die aanklagte is politieke kwessies waaroor interne gesprek gevoer moet word,” lui die verklaring.

Daarin voeg die jeugliga in dieselfde asem by hy sal hom neerlê by die ANC se dissipline “en is altyd gereed om polities te skakel met die partyleierskap oor enige kwessie wat sal help om die ideale van die Vryheidsmanifes ten volle te verwesenlik”.

Die ANC se eie spesiale vergadering van sy NUK het ook Sondag ten einde geloop. Hoewel daar geen amptelike kommunikasie was nie, word verneem kwessies van dissipline het die tweedaagse koukus oorheers. Pres. Jacob Zuma is glo besig om die leisels stewig vas te vat, amper ’n jaar nadat hy Malema en die jeugliga op die party se nasionale hoofraadsvergadering in Durban ook berispe het.

Geen partywoordvoerder of ampsdraer was vir amptelike kommentaar bereikbaar nie.

Die jeugliga sê in sy verklaring hy gaan ’n dringende vergadering met die ANC se topses aanvra om die “politieke kwessies” wat wrywing tussen die moederparty en die jeugliga veroorsaak, te bespreek.

“Dié kwessies kon bespreek gewees het voordat besluit is om aanklagte teen die jeugliga se leierskap in te dien. Die spesiale NUK-vergadering het die organisasie se vasbeslotenheid om onverpoos en vreesloos om ekonomiese vryheid te veg, bevestig. Dít sluit in die nasionalisering van myne, onteiening sonder vergoeding en gratis onderwys vir almal.”

Dis nog onduidelik wie Malema en Shivambu by hul tugverhoor – wat aanstaande Dinsdag en Woensdag in Luthuli-huis gehou sal word – gaan verteenwoordig.

Intussen dui alles daarop dat Malema se probleme aan die vererger is. Kol. McIntosh Polela, die Valke se woordvoerder, het Vrydag bevestig die handelsmisdaadeenheid het al twee weke gelede ’n besluit oor ’n amptelike ondersoek na Malema se geldsake geneem.

Dié ondersoek is reeds in ’n gevorderde stadium en die ondersoekspan het al verskeie kere na Limpopo gereis om bewysstukke in te samel. Dit volg op ’n klagte wat AfriForum oor Malema se familietrust by die polisie aanhangig gemaak het.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.