Jeugliga-chaos kos Jhb miljoene
2011-09-01 11:25
Johannesburg – Die chaos wat vroeër vandeesweek deur ondersteuners van die ANC-jeugliga veroorsaak is, kan 'n groot impak hê op die land se ekonomie.
Keith Brebnor, uitvoerende hoof van die Johannesburgse Sakekamer, het gesê die stad het Dinsdag finansiële verliese van tussen R30 miljoen en 50 miljoen gely.
Brebnor het gesê die skade aan Suid-Afrika se beleggersbeeld kan selfs meer ernstig wees. Hy het Dinsdag se gebeure vergelyk met die onlangse gewelddadige betogings in Londen, en het gesê Suid-Afrika se beeld kan op dieselfde wyse geraak word.
Hy het gesê daar is 'n opvatting dat Suid-Afrika minder begeerlik is as handelsvennoot en meer onstabiel word.
Ander ekonome het saamgestem en gesê ondersteuners van die jeugliga stuur negatiewe boodskappe uit aan die res van die wêreld.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter