Jeugfees rafel uit

2010-12-15 07:02
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Pretoria - Die Wêreldjeugfees het Dinsdag erg uitgerafel met sprekers wat nie opgedaag het nie, besprekingses­sies wat nooit plaasgevind het nie en talle afgevaardigdes wat buite rondgedrentel het.

Die reëlings was so swak dat ’n Wes-Kaapse afgevaardigde gedreig het om Wes-Kaapse deelname aan die fees te onttrek weens die swak reëlings rakende kos, verblyf en vervoer.

Dié fees, waarvoor R69miljoen begroot is (waarvan R40miljoen deur die Loteryraad bewillig is) en waaraan sowat 10000 jong mense van 100 lande deelneem, moes Dinsdag om 09:00 begin.

Verskeie lokale van die Tshwane Events Centre waar besprekingsessies moes plaasvind, het leeg gestaan terwyl dui­sende afgevaardigdes op die gras ontspan het. Ander het sokker en speletjies gespeel om die tyd te verwyl.

Talle kon nie kos kry nie omdat die organiseerders nie koskoepons aan hulle uitgedeel het nie.

Talle afgevaardigdes was laat omdat hulle weens swak vervoerreëlings treine en taxi’s moes gebruik om by die feesterrein te kom.

Gedurende die oggend is oor die luidsprekerstelsel aangekondig dat die formele program stiptelik om 14:00 sou begin, maar twee uur later het daar nog steeds niks gebeur nie.

Nie een van die vooraanstaande politici wat volgens die program sou optree – Winnie Madikizela-Mandela, Fikile Mbalula, minister van sport, Tokyo Sexwale, minister van menslike nedersettings, en Lindiwe Sisulu, minister van verdediging – het opgedaag nie.

Siyabonga Magadla, woordvoerder van die nasionale jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) wat die fees reël, het gesê hoewel dié politici op die program as sprekers aangedui is, het nie een bevestig dat hulle sal optree nie. Die besprekings sou sonder hulle voortgaan.

Buite die besprekingslokale is flink sake gedoen. T-hemde van die SAKP en die ANC is vir onderskeidelik R100 en R150 verkoop.

Van die “wêreldbrandpunte” wat wel aandag gekry het, is Wes-Sahara se stryd om onafhanklikheid van Marokko, die Palestynse vryheidstryd teen Israel, en Kuba se stryd teen die ekonomiese blokkade van die VSA.

In een sessie het ’n Noord-Ko­reaanse spreker sy verontwaardiging uitgespreek omdat die massamedia van die “imperialistiese Weste” die kommunisme aan fascisme gelykstel.

In ’n ander sessie het ’n verteenwoordiger van Zanu-PF verduidelik dat sy land hom nie langer aan Europa steur nie en nou na lande soos China en Indië kyk vir handelsbande.

- Die Burger

Lees meer oor: feeste  |  jeug

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.