'Jeugfees net so dringend soos vloed-rampgebiede'

2011-02-13 07:49
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Nasionale Loteryraad móés einde verlede jaar inderhaas R40 miljoen aan die Wêreldjeugfees in Pretoria beskikbaar stel “omdat dit net so belangrik was as vir die vloedgeteisterde gebiede wat ook geld by hulle gekry het”.

Dit was Dinsdag een van die talle uitlatings van Andile Lungisa, adjunkleier van die ANC-jeugliga en voorsitter van die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (Nyda).

Boonop het dit aan die lig gekom die fees het eintlik R100 miljoen gekos en nié R69 miljoen nie.

Lungisa het die fees, wat as ’n verkwisting van geld beskou is waar onder meer soen- en ander speletjies gespeel is, as ’n sukses bestempel.

“Dit was ’n dringende gebeurtenis vir die land. Dit was nie kinderspeletjies nie. Ons het geld by die Nasionale Loteryraad gevra omdat dit net so dringend was as vir die (onlangse) vloedgeteisterde gebiede.

“Net so dringend as wat die Loteryraad ’n dag ná die oorstromings geld beskikbaar gestel het aan die vloedgeteisterde gebiede, so dringend was die fees.”

Die fees is deur sowat 15 000 plaaslike en buitelandse afgevaardigdes bygewoon.

Ook ander uitlatings van Lungisa het die oë laat rek.

“Die fees in Suid-Afrika het die wêreld wat ons vandag ervaar, verander,” was nóg ’n juweeltjie.

“So byvoorbeeld was die jeugdiges wat by die fees was aan die voorpunt van die onlangse referendum in Suid-Soedan.

“Hulle was ook by die massa-betogings in Egipte en Tunisië. Die wêreld verskil nou van hoe dit in 2010 was.”

Lungisa kon egter nie vrae beantwoord oor presies hoeveel afgevaardigdes uit Suid-Soedan, Egipte of Tunisië die fees bygewoon het nie.

Die gevolge van die fees vir Suid-Afrika is volgens hom “talle legacy-projekte”.

Op vrae oor wat dít behels, het Lungisa gesê: “Ons is besig met ’n projek waar ons sanitêre doekies aan skoolmeisies uitdeel en ook universiteite besoek vir toelating vir meer jeugdiges.”

Lungisa het die koste van die fees só uiteengesit:
- bestuur- en operasionele koste:  R14 080 163,59
- tolkdienste: R3 628 427,79
- reis en verblyf: R24 515 712,50
- spyseniering: R29 963 318,12
- feesverpakking en -bemarking: R8 349 936,39
- advertensies: R1 014 362,32
- vermaak, kunstenaars: R9 487 950,30
- uitreikprogramme vir oorsese feesgangers: R5 599 889; en
- feesvrywilligersprogramme: R3 360 485,41

Dié geld het onder meer van die Nasionale Lotery-raad (R40 miljoen), die regering (R29 miljoen), provinsies (R5,5 miljoen), die departement van kuns en kultuur (R3 miljoen), die departement van kommunikasie (R1,8 miljoen), registrasiegelde (R2,8 miljoen), munisipaliteite (wat elk R10 000 of meer gegee het) en “talle ander skenkers” gekom.

Die organiseerders het erken dat talle diensverskaffers, insluitende hotels, nog R7,2 miljoen geskuld word.

Hulle wag egter nog dat die Nasionale Loteryraad die helfte van hul skenking uitbetaal. Die raad wou eers ’n volledige verslag hê oor hoe die geld bestee is voordat hulle die ander helfte sou uitbetaal. Die raad het reeds die verslag ontvang.

- Rapport

Lees meer oor: jeugfees

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.