Jeugdiges wat boer vermoor nie in hof

2011-08-03 11:53
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Twee jeugdiges van onderskeidelik 16- en 17-jarige ouderdom wat verdink word van die moord op 'n boer van Reitz sal nie Woensdag in dié dorp se landdroshof verskyn soos verwag nie, het RSG berig.

Die saak spruit uit die dood Maandag van 'n boer, die 55-jarige Thinus Uitenweerde, wat in 'n vlak graf op sy plaas begrawe is.

Die seuns is Maandag, dieselfde dag van die aanval, in Petsana in hegtenis geneem, het sers. Mmako Mophireng gesê.

Die nuwe kinderwet wat verlede jaar in werking getree het, maak daarvoor voorsiening dat minderjariges eers aan 'n voorlopige ondersoek onderwerp moet word.

'n Regsverteenwoordiger, maatskaplike werker, die ondersoekbeampte en familielede moet ook teenwoordig wees tydens die ondersoek.

'n Landdros sal Woensdagmiddag 'n besluit neem ná voorleggings deur die onderskeie partye gemaak is.

Een van die mans wat in hegtenis geneem is het glo ‘n paar dae gelede op die plaas gewerk.

Uitenweede se seun het die polisie glo Maandag gekontak nadat ‘n vreemdeling een van die telefoonoproepe wat hy na sy ouers se huis gemaak het, geantwoord het.

Met die polisie se aankoms was Uitenweerde se vrou Magriet en sy ma, Isabel, vasgebind, maar daar was geen teken van die boer nie.

Beeld het Woensdag berig dat Magriet en Isabel 20 uur gewag het voordat die polisie opgedaag het.

Die polisie het Uitenweerde se lyk in ‘n vlak graf op die plaas gevind.

Volgens berigte het die familie se hond om die vlak graf rondgesnuffel. Dit het die polisie se aandag getrek en hulle gelei na waar Uitenweerde se lyk begrawe was.

Die jeugdiges bly in aanhouding.

– Volg Nuus24 op Twitter


 

Lees meer oor: moorde  |  hof  |  misdaad  |  plaasmoorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
77 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.